Sunday, October 29, 2023

Huldeblyk aan my Pa, vandag begrawe

my kindjie vra vrae oor sy oupa

jou oupa was ‘n man van grond en son
hy het die aarde versorg, hy het plante geplant en met sy hande
groente en vrugte vir sy kinders gewaarborg
as iets gebreek het, het hy seker gemaak
dit kom weer reg: jou oupa was deeglik
en eg. die grondgedeelte van jou oupa
het teruggegaan grond toe, maar die songedeelte skyn
in die oog van God, skyn in die oneindigheid
en projekteer die onuitwisbare beeld
van ‘n oupa en sy kleinkind wat gaan stap
stap en stap oor die strand by jeffreysbaai, aanstap soos die tyd self
onkeerbaar die ewigheid in

- Annesu de Vos, Toronto, 2007

3 comments:

  1. baie, baie dankie Annesu, namens almal wat saak maak in Suid Afrika, en sterkte ook met al die ander '(woord)verwerkings'..

    ReplyDelete
  2. In Kanada het ons 'n goeie frase wat mens kan aanwend in plaas van "dis 'n plesier" (want op die oomblik voel niks juis na 'n plesier nie soos jy wel kan verstaan Izak!) ... ons gesegde is, "you're welcome." Gedurende hierdie tyd van Oupa Ben het Alfred, my suster se man wat Afrikaans praat met 'n sterk Oostenrykse aksent, nie geweet wat om te antwoord wanneer ek "dankie" uitspreek omdat hulle my gereeld gebel het en ingelig gehou het oor alles wat met oupa gebeur het nie ... omdat die woord "plesier" nie oor sy lippe kon kom nie, het dit hom gehelp om soos 'n Kandees te kan antwoord, "jy is welkom." Jy is welkom Izak; vandag is OAC (Ontario Arts Council) se sperdatum vir hul Works In Progress kompetisie en ek is op pad om my inskrywing in te dien. Ek doen dit vir oupa Ben, sodat hy by die opstanding nie sal dink dat ek nie met my talente gewoeker het terwyl hy geslaap het nie.

    ReplyDelete
  3. Annesu, ek sal liggies loop, ek verstaan dis nog seer, net soms stil kom loer hoe jy verder woeker, die blomme na die reen kom kyk, en die menige vrugte kom waardeer. Dankie dat jy die een met ons gedeel het ook. xAx

    ReplyDelete

Chastity Bono and her band Ceremony - Could Have Been Love

When In Doubt, Google!

Custom Search