Tuesday, November 21, 2023

KANT

 Kant 


moenie Kant kies nie

al val

groen terroriste soos vrot vrugte uit

valskerms in vaak voorstede in

die vroegoggend

in afgryslike wraak op die onskuldiges op

ongebore en gebore mense insgelyks, al

val hulle met die deure in mense se huise

al val

Hamas op mammas se voorstoepe soos

wildehonde uit die nag

uit, in die huise in om die hulpeloses te onthoof

en van alle menswaardighede denkbaar

te beroof: moenie

Kant kies nie want wie

sou die bewakers bewaak?


die feit van die saak is,

niemand het nie.


moenie Kant kies nie, al huil

die moeders van Palestina in die strate

oor die kleinstes onder die martelare 

toegedraai in die vlae van die renegate

se staat, want weet jy dan nie dat

daar diegene onder die getroue vroue is

wat dit as ‘n eer beskou om 

die barbarisme van ‘n menslike offerande

te bring en te pleeg sodat sy

in haar fanatisme ‘n gesiene lid 

van die samelewing en die samedoding

albei tesame kan wees nie?


slegs gekke en dwase van die eerste water 

skryf op sulke mure graffiti en drink

saam bloed uit sulke vuil glase.

moet dan nie

Kant kies nie.


vra jouself soos dit ‘n kritiese 

denker betaam: oor wie moet jy jou skaam

as die magtigste weermag in die Midde-Ooste trokke vol geprogrammeerde moordenaars nie kon keer nie:

wie het hulle daar ingelaat?


Niemand anders nie as

die makers van die haat

self.


moenie Kant kies nie want

as jy dit doen, speel jy direk in

Iblees die duiwel die Illuminati die Rothschilds die Rockefellers Klaas Swaap en sy handlanger Yuval die bose se hande:

hulle wat alle mense van alle lande

die hel in probeer dryf

en hulle van vryheid van spraak en vryheid

van denke en selfs van hulle gedagtes self

wil beroof en dit sal doen ook

as jy stilbly


onthou jy dan nie 

Antjie se sielige geween en gekners 

van tande oor die vermeende trokke van die apartheidstaat

nie? Sy en wie se army 

het agter sulke goed aan gery?

nie ek nie en nie jy nie.

moet dan nie Kant kiss nie.


moet voorts asseblief ook nie vir Calvyn kies  nie. daar is nie so iets 

soos ‘n wegraping of ‘n uitverkiesing nie

as Hamas soos die ram van 

Abraham was, was daar ten minste iets oor om af te slag vir so ‘n gruwelike bloedoffer

want die feit is, die fokker was geen filosoof nie, maar ‘n plein sadis.


as God se uitverkore volk

deur sy sogenaamde eie regering uitverkoop word 

wie sal dan die bewakers bewaak

wat hul mense se lewens inkort met

inperking en verbod 

op inkopies in supermarkte sonder merk

van bees, net soos jou profete voorspel het,

met wrede inspuitings en slagters uit die lug, o Israel 

hoe is jou uitverkorenheid tot klug 

gereduseer deur die spotters met jou God!


o Israel

hoe het jou profete nie 

oor jou gehuil en op hul tande gekners nie 

o mense van Palestina 

hoe het die engele oor julle geween 

en Astagfirullah uitgeroep

toe die bloed in die strate

van Gaza afgeloop het soos riviere 

en die trane van die selfmoorddadige vegters vir menseregte

moet dan nie Kant kies nie 

want Ismael en Isak het as kinders 

vreedsaam in die tent saamgespeel, onbewus

van Sarai se wraak teen Hajjar

oor Abraham se lus vir die vreemde

prinses, oermoeder van Palestina.


moet dan nie Kant kies nie 

kies liewers vir Schopenhauer Heidegger Foucault Derrida Descartes Plato Socrates Aristoteles Voltaire Hobbes Adam Smith Karl Marx Muhammad of selfs uiteindelik Jesus 

Christus 

maar kies nie Kant

in hierdie verband nie want

as jy dit doen is jy die dom in mensDOM 

val jy vir ‘n psyop om

van Mossad en van die alsiende oog van Horus wat jou wil deurkyk

tot daar van jou en jou sogenaamde menseregte 

niks oor is nie behalwe 

‘n gesoute martelaar se lyk.




Chastity Bono and her band Ceremony - Could Have Been Love

When In Doubt, Google!

Custom Search